Die kern van ‘n goeie reputasie bestaan uit ‘n sisteem van ononderhandelbare waardes. Dit beïnvloed die onderneming en veral onderliggende verhoudings.
Die Besigheids Kombuis on www.ebizradio.com, gesels Naomi Basson met Regine le Roux, besturende direkteur van Reputation Matters, ‘n maatskappy wat sy in 2005 gestig het.
Dit dien geen doel om net jou waardes op mooi plakkate teen ‘n muur te vertoon nie, dit moet deel vorm van elke persooneellid se ‘DNA’. Alles wat die span dink en doen moet in lyn wees met hierdie stel waardes.
Reputasiebestuur is meer as net ‘n beeldpoetser of innoverende bemarkingsfoefies. Ja, eksterne kommunikasie is baie belangrik, maar, interne boublokke moet eerstens daargestel word. Reputasiebestuur word dikwels ongelukkig eers ‘n prioriteit wanneer ‘n krisissituasie ontstaan en dit te laat is om die maatskappy se reputasie te red.
Reputation Matters se metodiek om ‘n onderneming se reputasie te beinvloed, sluit die volgende tien aspekte in:
- Is daar ‘n duidelike visie en waardes vir jou maatskappy wat gereeld met al jou rolspelers gedeel word?
- Is daar beleid en proseduredokumente om seker te maak dat alles konsekwent gelewer word? Volg leierskap die korrekte protokol?
- Het jy die regte span om die regte werk in die regte manier te doen?
- Ontvang werknemers gereelde opleiding en toerusting om werkprosedures korrek uit te voer?
- Beskik rolspelers oor die vermoë om die waarde wat jy toevoeg te begryp? Weet almal wat jou ‘WOW-faktor’ is? Hoekom gaan hulle jou produk of diens kies en nie die kompetisie sin nie?
- Word geldsake eties bestuur?
- Deel die verskaffers en vennote dieselfde waardes as die maatskappy?
- Word enige diens aan die gemeenskap gelewer?
- Kommunikeer julle gereeld al die items hierbo met julle werknemers?
- Kommunkeer julle gereeld met julle eksterne belanghebbendes?
- Regine deel ‘n paar staaltjies oor interessante reputasie situasies.