In ons Besigheids Kombuis vandag met Naomi Basson is Latiefa Isaacs van LMI-Consulting, Vandag praat hulle oor skuld invordering.
Latiefa deel met ons die skuld invorderings proses, the wetlike aspekte en prosesse rondom dit, en laat ons met raadsame advies; praat met jou krediteure, moet hulle nie ignoreer nie!
By LMI-Konsultante glo hulle dat die skuld invordering van ‘n besigheid net so belangrik is, as die diens of produk wat hulle aanbied. Met 35-jaar ondervinding onder die belt, help hulle besigheids eienaars, likwidateurs so wel as ondernemingsreddingspraktisyns om uitstaande skulde in te vorder.
Hulle doel is om ‘n professionele diens en ervaring aan te bied tussen beide besighede en hulle krediteure wat klopdisselboom verloop.