Baie van ons doen ons besigheid in Engels, maar ons is Afrikaans spreekend. Dit sal nou so fantasties wees as ons in Afrikaans kan luister. Vandag stel ons u voor aan ons eerste Afrikaanse program op ebizradio.com, bekend as – Die Besigheids Kombuis met u gasvrou Naomi Basson. U kan die program elke Woensdag aand om 19:30 regstreeks luister, of as jy uitmis sal jy dit asook hier op podcast kan vind.
Vandag gesels Naomi met die afgevaardigde Andre Du Toit – bekend ook as “The Big Positive Guy” . Ons vind meer uit oor Andre, sy lewe as ‘n aktuaris en nou ‘n openbare spreeker, afrigter, TED Talk-afrigter en algemeen POSITIEWE OU.